Beste lede
Tydens Andre Gauch en Jacqueline du Cret se huwelik te Geneve op 13 Jan 1683 was die bruidegom se vader Pierre Gauch reeds oorlede soos aangegee deur de gebruik van "de feu" oftwewel "wyle" in Afrikaans voor sy naam in die aantekening van Andre en Jacqueline se huwelik: : "André Gauch & Jacqueline Decré. Le samedy 13. Janvier 1683. ont espousé André fils de feu Pierre Gauch. du Pont de Monvers aux Sevenes. Et Jaqueline fille de feu Louis Decré de Sauverni.". (Sien Service cantonal de l'Etat civil, Registres de la paroisse de Céligny, puis registres d'état civil de la commune (doubles), E.C. Céligny 2, Registre de la paroisse protestante de Céligny: 1) Cahier des baptêmes du 27 mars 1670 au 11 novembre 1743. 2) Cahier des mariages du 24 avril 1670 au 15 décembre 1743. 3) Cahier des décès du 25 mars 1670 au 26 janvier 1744. Ce registre contient également une liste des célébrations et des travaux divers faits dans l'église de Céligny de 1710 à 1738, https://ge.ch/arvaegconsult/ws/consaeg/public/fiche/imageMenu?displ..., Image 46 sur 118).
Deur 'n aantal wysiging is Pierre Gauche * ca 1640 † voor 19 Mar 1689 en Ω Homburg, Saarland 19 Mar 1689 en, oënskynlik, die seun van Solomon Gauche en Jeanne de Lo gekoppel as die vader van stamvader Andre Gauch.
Vir Pierre Gauché kon ek 'n bronverwysing op Familysearch by die skakel https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-892X-BW46?i=264 vind uit die Katholische Kirche Sankt Michael Homburg. Die gedeeltelike transkripsie lui as volg:
"Le 19me Mars 1689 morris en cette ville vers les dix heures et demi du foit pierre gauché bourgrois de cette ville a agé de cinquant ans mari de margueritte bely" d.w.s "Op 19 Maart 1689 is om omstreeks tien-dertig die oggend in hierdie dorp oorlede Pierre Gauché burger van hierdie dorp vyftig jaar oud man van Marguerite Bely". Hy is dus 6 jaar na Andre Gauch en Jacqueline de Cret se huwelik oorlede, en daarom onwaarskynlik om die vader van Andre Gauch te wees. Op hierdie Pierre se profiel op Geni word aangegee dat hy in Pont de Montvert oorlede is en te Homburg begrawe is wat volgens die voormelde bron onjuis is. Verder word sy vrou hier op Geni aangegee as Jeanne / Johanna Clerq terwyl hy ten tyde van sy dood die man van Marguerite Bely was. Ek vermoed dat daar hier gewoon verwarring is met Andre Gauch se tweede vrou Jeanne/Jannetje de Clercq.
Ek verneem graag na bronne om die koppeling te ondersteun.
Groete,
Louis