Matching family tree profiles for Frantz Krüger
Immediate Family
-
wife
-
daughter
-
daughter
-
daughter
-
son
-
daughter
-
wife
-
father
-
mother
About Frantz Krüger
- Birth Date 1664
- Death Date 1710
- First Name Frantz
- Last Name Kruger
- Gender Male
KRUGER Jacob Krüger of Cruger v. Sadenbeck i.d. Priegnitz, naby Berlyn, 28.7.1690, s.v. Franz Krüger, †1710 en Elisabeth Hartwig, †1747. Aank. 1713 a.b. skip “Middelwout”, 1714-1719 boukneg. Burger 11.1.1718, later boer i.d. Sandveld. †29.10.1749. x 1.5.1718 Johanna of Jannetje Kemp, Aug. 1696, †27.10.1778.
GR - C C de Villiers. Vol 2 bygewerk deur Cor Pama
---------------------------------------------------------------------------------
http://archive.org/stream/Krugers-EarlierLives/Krugers-earlierLives...
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Possibly: Frantz Kruger Birth: 1665 Sandenbeck, Germany Death: 1710 (45) Cape
Immediate Family:
Son of Jacob Kroger(Croger) and Elisabeth Hartwigs as on will 1720 !!
Jacob Husband of Anna Elizabeth Pemoller might be another individual!
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die volgende inligting is op die eSAGI Databasis CD 3.50 van Lucas RINKEN van WGGSA. Dit is 'n Legacy databasis aan my verskaf in 2008 deur Lucas RINKEN wat op daardie stadium in Krugersdorp, Gauteng Provinsie, Republiek van Suid-Afrika woonagtig was.
FRANTZ KRÜGER (KRÖGER) DIE STAMVADER VAN DIE KRUGER-FAMILIE IN S.A.
One major fact he himself wrote his mother as Elizabeth Hartwig in his will
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C9BY-X9KC-G?i=1052
Johanna Kemp.s will[5,6] of 1720 (see below), the following is written "..te hebben Sijn moeder gen. Elisabeth Hartwig wedue van Frans Cruger woon agtig tot Sadenbeek int Branden Burgenland". Hereinafter cited as "Jacob Kruger " from
https://www.e-family.co.za/ffy/g6/p6746.htm
No: Ooo mistake made by someone from baptism !!
Onderstaande is 'n verkorte weergawe van ˜n brief wat mnr. Artur Conrad Förste, van Moisburg in West-Duitsland, aan die R.G.N. geskryf het.
Sy brief was in Afrikaans.Ek was onlangs in die kommunistiese gedeelte van ons vaderland om daar in die kerkargiewe navorsing oor my eie familie te doen. By hierdie geleentheid het ek die idee gekry om in die kerkregisters van Sandenbeck in die Prignitz (Mark Brandenburg) te kyk of ek enige inligting oor Jacob Krüger, die voorvader van pres. Paul Kruger, kon kry. Hy is in 1690 in Sandenbeck (die naam word Sandenbeek uitgespreek) gebore. Ek het egter gevind dat die register van Sandenbeck nie meer daar gehuisves word nie, maar wel in die Domstiftarchiv Brandenburg, Burghof 11. Die pastorie in Sandenbeck was vir etlike jare onbewoon en ter wille van veilige bewaring, is die registers na Brandenburg geneem.My reis na Sandenbeck was dus te vergeefs, maar dit was nogtans lekker om die dorp te leer ken waarvandaan die stamvader Jacob Krüger gekom het. Tot my verbasing moes ek vind dat die dorp nie in ˜n vallei lê nie, maar op ˜n redelike hoogte. Die woord beek (beek) in Nederduits beteken ˜n klein riviertjie. Die mense het my vertel dat die rivier, Sandenbeek, suid van die dorp verbyvloei. Sandenbeck is dus die dorp aan die ˜Sandenbeek".Die volgende dag is ek na Brandenburg en het al die kerkregisters van Sandenbeck tot 1750 deurgegaan. Die doopregister begin in 1676 en die huweliksregister en sterfteregister in 1698. Ek het gevind dat Jacob Krüger wel op 28 Julie 1690 gebore en op 1 Augustus gedoop is, soos wat dit in boeke in Suid-Afrika aangegee word. Sy vader word as Frantz Kröger aangegee. In die registers van Sandenbeck word die van Krüger op verskillende maniere gespel: in 1686, 1690 en 1693 is dit Kröger, 1688 Crüger, 1695 Cröger, 1698 Kröger, 1700, 1705 en 1708 Cröger, 1736 Kröger, 1740, 1742 en 1745 Krüger. Hierdie verskil in spelling is nie belangrik nie. Die ˜niederdeutsche" vorm is Kröger en die hoogduitse vorm Krüger. Die volk in die Prignitz (nie Priegnitz of Preignitz nie) het ˜niederdeutsch" of ˜plattdeutsch" gepraat en doen dit vandag nog. Die predikante het egter hoogduits geskryf.Die enigste fout wat ek in die Suid-Afrikaanse publikasies (D. F. du T. Malherbe, J. Hoge en C. C. de Villiers) gekry het, was by die van van Jacob Krüger se moeder. Haar van was nie Hartwig nie, maar wel Pemöller. Die aantekening oor haar dood lui soos volg:1747 7. Den ZL! Dec. Elisabeth Pemöllers, Frantz Krugers Wittwe 82 Jahr alt gestorben u. den 31 begaben cum conc. funebr.
In Afrikaans sal dit soos volg lui:Nr. 7. Die 24ste Desember Elisabeth Pemöllers (genitief van die van Pemöller), weduwee van Frantz Kriiger, 82 jaar oud, oorlede, en beFuwe 31 Des. met lyksrede. (cum conc. funebr. = cum concione funebre = met lyksrede)Die nooiensvan van die stamvader Jacob Krüger, se moeder was dus Pemöller en nie Hartwig nie! Die fout met haar van kan maklik soos volg verklaar word: Met die doop van Frantz en Elisabeth se sesde kind, Lisebet, in 1698 was die eerste doopgetuie (peetoom) ˜n sekere Hartwig Pemöller, waarskynlik ˜n familielid van die moeder. ˜n Navorser kon makhk die voornaam ˜Hartwig" vir die moeder se van gelees het.Frantz Krüger se beroep word nêrens aangegee nie, maar dit is niks buitengewoon nie. ˜n Boer se beroep is gewoonlik nie aangegee nie. Ek twyfel dus nie daaraan dat Frantz Krüger ˜n boer van beroep was nie. Frantz Krüger en Elisabeth Pemöller het agt kinders gehad.
1. Ann Maria ged. 9.8.1686
2. Margareta ged. 26.2.16883. Jacob * 28.7.1690 ged. 1.8.1690; Suid-Afrikaanse stamvader
4. Hinrich * 18.2.1693 ged. 19.2.1693
5. Jochim * 12.10.1695 ged. 16.10.1695
6. Lisebet ged. 2.3.1698
7. Peter * 22.7.1700 ged. 23.7.1700Hy was twee keer getroud, eers in 1736 en weer in 1741. Hy het dogters en een seun (Caspar Joachim) gehad. Nog ‘n dogter is dood gebore. Die verdere lot van sy nakomelinge kon nie opgespoor word nie.
8. Anna Catrin * 17.11.1705 ged. 22.11.1705Daar was nog ander Krügers in die omgewing van Sandenbeck wat by die doop van Frantz en Elisabeth Krüger se kinders as doopgetuies opgetree het.
R. T. J. Lombard
(Bygevoeg deur Y. DROST op 27 SEP 2024)
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Frantz Krüger's Timeline
1664 |
July 27, 1664
|
Sadenbeck, Pritzwalk, Brandenburg, Germany
|
|
1686 |
August 9, 1686
|
||
1688 |
February 26, 1688
|
Pritzwalk, Brandenburg, Germany
|
|
1690 |
July 28, 1690
|
Sadenbeck, Prignitz, Brandenburgland, Germany
|
|
1693 |
February 18, 1693
|
Pritzwalk, Brandenburg, Germany
|
|
1695 |
October 12, 1695
|
||
1698 |
March 2, 1698
|
Pritzwalk, BB, Germany
|
|
1700 |
July 22, 1700
|
Pritzwalk, Brandenburg, Germany
|
|
1705 |
November 17, 1705
|
||
1710 |
1710
Age 45
|
Sadenbeck, Berlin, Germany
|