Betekenis: Voornaam. Bekende heilige in Frankenland.
Stamvaders: (1) Frans Michiel (Franz Michael) Kilian, van Stettin (Duitsland). Kom in 1763 hier aan as soldaat; later smid. Burger in 1768; oorl. 16.3.1816. Trou 3.12.1775 met Florentina Moses (9 kinders). (2) Johannes Georgius Kilian, van Sommerloch in die Rynland (Duitsland). Oorspronklik 'n Franciskaner-monnik wat in 1769 as soldaat na die Kaap gekom het en as lid van die Gereformeerde Kerk in Drakenstein aangeneem is. Trou 19.7.1778 met Christina van Betten; hertrou 11.5.1788 met Johanna Catharina Joubert (10 kinders).
Source: Die Groot Afrikaanse Familie-Naamboek by C. Pama